ENGLISH

RULES:

Entry to this Eden Park and the use of its facilities takes place in accordance with and subject to the following rules and also the notice boards placed on the farm.

Access to the use of the facilities on the premises takes place at own risk, and the visitor indemnifies the owner, management and personnel for any damage, loss or injury of any nature whatsoever which the visitor may suffer, ext.  Branches which scratch or fell on vehicles, caravans and tents, or any damage expierence by unforseen weather or any disasters. 

Visitors are urged to drive slowly and not exceed the speed limit of 15km. The usage of the vehicles should be limited at all times. Vehicles are not allowed to go further than the low water bridge and prohibited on any field or paved paths, trails, and lawn areas. The vehicles must be parked at the entry of stand or at a suitable place on the ground area. Quad bikes, golf carts, motorbikes are not allowed. 

Any person who deliberatly damage property will be asked to leave immediatly and will be responsible for any cost due to damage. Littering is also prohibited anywhere in the resort or on the farm. 

The pool at the reception is not fenced and up to two meters (2m) in the deep end, the pool at the Bushveldcamp is fenced but must be on lock at all times.  It is the responsibility of the person caring for babies, toddlers and children to take the necessary safety precautions. The use of glass or any other bottles in the swimming pool is not allowed.

There is two play parks for the children and a trampoline, usage is at own risk - please - NO shoes or sharp objects are allowed on the trampoline. SWIMMING IN THE STREAM IS PROHIBITED and the parents must explain the danger of doing so to all children. 

 Animals on the property may under no circumstance be disturbed, provoked or fed.

NO group bookings during LONG WEEKENDS OR SCHOOL HOLIDAYS.

Grass stands are nr 9,10. These two stands can only be reserved for a maximum of 7 nights, only rally tents and loose standing tents will be allowed. Tents must be moved every third day to protect the lawn. Additional dome tents will be allowed, woven ground sheets is necessary to allow enough air and light to penetrate through. Solid ground sheets and thickly woven ground sheets are prohibited. The plastic on the main tent must also be lifted. ''add a rooms'' will not be allowed on the LAWN. 

You are welcome to stand on the paved stands for max of 23 nights with full tent. Management reserves the right to allocate a specific area on a site to you, or relocate any camper from one site to another or from ons position to another to maintain the grass. 

Fires may only be lit in the designated areas and firewood is available at the kiosk. Trees, bushes, logs on the property are prohibited to use for fire.  Visitors are not allowed to remove or damage any of the trees, plants or shrubs. 

No day visitors, except campers are allowed to have visitors. It is also the camper's responsibility to report any visitor and the time of arrival and departure. Please NO arrival before 9:00 am. Day visitors will not be allowed on game drives. 


No servants are allowed to accompany visitors.

NO pets ( including dogs ) is allowed during Summer months. Winter - permission on  approval from management. If such a dog is unruly, the owner will have to remove the pet immediatly from the resort.

Please see to it that your music/voice level does not disturb your fellow campers.

Silence after 22:00 pm 

Visitors must subject themselves to any reasonable request by owner, management or personnel.

Arrival time ~ 12H00 - NO camper will be allowed after 20H00
Departure time ~ 10H00 - long weekends & peak seasons Departure time ~ 15h00 - Sundays and out of season

 If any problems or enquiries arise during your stay, please report it to reception or phone 079 455 9320 after hours.
We wish you and your family a pleasant and memorable stay!!!

*PLEASE READ ABOVE CAREFULLY, SIGN AND FAX/E-MAIL BACK*

Management

we hereby accept the mentioned rules and regulations.

DATE………………………………NAME AND

SURNAME……………………………………………

Afrikaans:

REëLS:

Toegang tot Edenpark en die gebruik van die oord se geriewe, geskied ooreenkomstig en onderhewig aan hierdie neegelegde reels, sowel as met begrip van enige kennisgewingbord wat die plaas aangebring is. 

Besoekers word daarop gewys dat die bestuur en enige van sy personeellede die reg voorbehou om enige persoon wat nie die reëls nakom nie of wie se gedrag na die oordeel van die bestuur of sodanige personeellid onaanvaarbaar is te versoek om die oord te verlaat in welke geval enige toegangsgelde en/of verblyfkoste verbeur sal word.

Kennis van die inhoud van die reëls word geag aan elke besoeker bekend te wees.

Reg van toegang word voorbehou, asook met die plaas van staanplekke of die skuif vanaf ‘n spesifieke staanplek na ‘n ander staanplek, of die aanwys van waar u op die staanplek mag staan sodat ons die grasperke kan beskerm teen beskadiging.

Toegang tot die gebruik van enige geriewe in of op die perseel geskied op eie risiko en die besoeker vrywaar die bestuur, enige werknemer daarvan en die eienaar teen enige skade, verlies of besering, van welke aard ookal, wat die besoeker mag ly. Die bestuur neem geen verantwoordelikheid vir skade aangerig aan voertuie, karavane of tente deur takke van bome wat breek of afval nie.

Die swembad is nie omhein nie. Dit is die verantwoordelikheid van die persoon in wie se sorg babas, kleuters en kinders, die plaas/oord binnekom om die nodige veiligheidsmaatreëls te tref. Geliewe daarop te let dat swembad in sy diepkant 2 meter is. Die gebruik van glas of enige ander bottels in swembad word verbied.

Besoekers word gemaan om versigtig te bestuur en nie die snelheidsgrens van 15km per uur te oorskry nie.

Die gebruik van voertuie moet tot die minimum beperk word. Voertuie mag onder geen omstandighede verder as die laagwaterbrug beweeg nie. Daar mag glad nie per voertuig op enige veldpaadjie beweeg word nie. Selfaangedrewe vierwielmotorfietse, bromponies, gholfkarretjies en motorfietse word nie toegelaat nie.

Voertuie moet asb. onder geen omstandighede oor of op die plaveisels by die huisies ry of parkeer nie, of op die gras parkeer nie, u moet asb. by die staanplek se ingang parkeer of op ‘n geskikte plek naby die staanplek op die grond area.

Geen dagbesoekers het toegang tot die plaas nie, alleenlik kuiergaste van kampeerders. Dit is die verantwoordelikheid van die kampeerder om enige besoeker van hom, onder bestuur se aandag te bring. Geen dagbesoekers word op die wildritte toegelaat nie. Kampeerders moet self reël met bestuur hoe laat hul besoekers vertrek. Geen dagbesoekers voor 9:30 nie, asb.

Op die grasstaanplekke kan u vir ‘n maksimum van 7 nagte bespreek. Slegs “rally” en losstaande tente word toegelaat. Tente moet elke derde dag verskuif word, om die grasperk te beskerm. Addisionele “Dome” tente is toelaatbaar. ‘n Geweefde grondseil wat genoeg lug en lig vir die gras deurlaat is ‘n vereiste. Soliede en diggeweefde grondseile word nie toegelaat nie. U is welkom om ‘n maksimum van 23 nagte op die geplaveide staanplekke te staan en dan ook ‘n voltent op te rig.

Die trampolien word op eie risiko betree. Geen skerp voorwerpe of skoene word op die trampolien toegelaat nie.

Daar mag slegs op die aangewese vuurmaakplekke vuur gemaak word. Vuurmaakhout is by die snoepie beskikbaar en geen bome, bosse of stompe wat op die plaas voorkom, mag vir die doel aangewend word nie. Besoekers mag geen bome, plante of struike versteur of verwyder nie. Diere mag onder geen omstandighede getart, gesteur of gevoed word nie. Die speel en loop in die spruit is verbode.

Enige persoon wat opsetlik eiendom beskadig sal summier uit die oord gesit word en enige kostes sal van die persoon verhaal word.

Geen bottels, houers of vullis mag gestrooi word in die karavaanpark of op die plaas wanneer u gaan stap of fietsry.

Elke besoeker moet hom onderwerp aan enige redelike versoek van die bestuur of werknemer van die oord. Geen huiswerkers word toegelaat nie.

Geen geraas na 22:00 nie asseblief.

Geen troeteldiere ( honde ingesluit ) word gedurende Somermaande toegelaat nie. Wintermaande sal daar indien vooraf gereël, moontlike uitsonderings gemaak word. Slegs EEN KLEIN SKOOTHONDJIE word per staanplek toegelaat. GEEN GROOT HONDE NIE. Indien so ‘n hond se gedrag onaanvaarbaar is sal so ‘n besoeker versoek word om of die hond vanaf die plaas te verwyder of om self die oord te verlaat.

Aankoms tyd: ~ Vanaf 12H00 Geen karavaan sal na 20H00 toegelaat word nie.

Vertrek tye :  10H00 ( Sondae (buite seisoen) en langnaweke – Winter - 16H00 / Somer - 18H00 mits met bestuur oor die tyd gereël is , as daar geen ander besprekings vir vermelde staanplek is nie. )

Enige probleme of navrae kan u asseblief by die ontvangs rig.
‘ n Aangename en vreugdevolle verblyf word u en u gesin toegewens!

Die Bestuur

DATUM………………………………
STAAN PLEK:.............................
NAAM EN VAN..…………............


HANDTEKENING........................

        • Admin Login                                             © 2007• CaravanParks.com • All rights reserved